Nuutste Nuus in jou Wêreld
- DNS-agterstand onder vergrootglas ná Ekurhuleni-vrouemoorde
Ian Cameron, DA-LP en voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, waarsku dat die polisie se DNS-agterstand en probleme met laboratoriumkapasiteit belangrike skakels tussen misdade en die verdagtes kan vertraag.
- Man in hof ná botsing wat ‘Landbouweekblad’-redakteur se seun eis
Byna drie maande ná die noodlottige botsing op Ou Kaapse Weg waarin David Golding (27) dood is, het ’n 51-jarige man in verband met die voorval in die hof verskyn.
- Onthou jy nog? Rian gaan grawe in die verlede
Van die sirkus en diensplig tot radio, televisie, konserte en die kos waarmee mense grootgeword het. Rian van Heerden se nuwe reeks is ’n nostalgiese reis deur die ervarings wat generasies gevorm het, soms met ’n glimlag en soms met ’n traan.
- Proteas ploeg met Aussies op Kingsmead
Die Proteas se krieketspan het Donderdag op Kingsmead in Durban groot jolyt op Erfenisdag gemaak toe hulle die leemtes van die Australiese eendagspan oopgevlek het.
- Brand breek uit by Letaba-ruskamp in Krugerwildtuin
Twee toeriste-eenhede by die Letaba-ruskamp in die Krugerwildtuin is deur ’n brand geraak, maar personeel en veldwagters kon die vlamme bedwing voordat dit verder versprei het.
- SOE gevra om plaaswerker-aandeleskemas te ondersoek
Die departement van grondhervorming en landelike ontwikkeling het die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) genader om mislukte plaaswerker-aandeleskemas (FWES) te ondersoek.
- Australië teiken van SA-dwelms
Mexikaanse dwelmkartelle, veral die berugte Sinaloa-sindikaat, het Suid-Afrika blykbaar in die visier om dwelms op industriële skaal vir die internasionale mark te vervaardig.
- Trump-administrasie soek hoofsaaklik Afrikaner-vlugtelinge
Volgens ’n nuwe verslag wil pres. Donald Trump van die VSA volgende jaar ’n perk van 17 500 vlugtelinge – meestal wit Suid-Afrikaners – in Amerika toelaat.
- Zas se 100-tal; Riley speel teen Connacht
Dit bly ’n uitsonderlike prestasie vir enige rugbyspeler om 100 wedstryde te speel. Die Stormers-vleuel Leolin Zas bereik Vrydagaand in Galway dié mylpaal wanneer hy...
- Gedagte vir die dag | Hoekom die Bybel saak maak
Net as ons hiervan oortuig is, sal ons begryp hoe waardevol die Bybel is om ons te leer wat reg en verkeerd is en om ons toe te rus vir God se goeie werk.
Het jy iets om te raporteer?
Stuur vir ons ‘n epos of WhatsApp die ateljee.
- nuus@hartiesfm.com