Nuutste Nuus in jou Wêreld
- Afrikaanse akteurspaar verwelkom eersteling
“Ons is baie dankbaar.”
- Carolina-man verdwyn in see by Ballito
Die man (40) het vroegoggend saam met ʼn jong familielid (13) by Thompsons-strand geswem toe hulle in ʼn sleurstroom vasgevang is.
- Twee op waarskuwing vry ná ‘aanranding’ op veiligheidswag
Brig. Nobuntu Gantana, polisiewoordvoerder, sê ʼn klagte van aanranding staar die beskuldigdes in die gesig.
- Hokaai! Te perd deur McD’s se deurry niks vreemd vir dié boer
Jaco Kruger (en sy perde) is geen vreemdelinge by die deurry op Harrismith nie – selfs al het ʼn video van een van dié besoeke hom en sy mederuiters haas oornag in ʼn internetsensasie verander.
- Aussie se Khawaja tree uit; sê oor ‘rassestereotipering’
Usman Khawaja het as kind van Islamabad na Australië geëmigreer en het later die land se eerste Pakistan-gebore en eerste Moslem- nasionale speler geword. Hy was in ʼn stadium ook die enigste Asiatiese eersteklas-speler in Australië.
- Venus (45) oudste vrou wat by Australiese Ope speel
“Sy is ʼn legende, dit gaan dus besonders wees om haar weer in aksie te sien.”
- Bekroonde in vermaakbedryf verloor kankerstryd
“Rus goed, ons dapper leeu.”
- Talle by motorreus Motus afgelê
Benewens die afleggings word die salarisse en voordele van honderde ander werkers gewysig.
- Iran | Betogings oor lewenskoste eis ses
Pres. Donald Trump sê intussen die VSA is gereed om te reageer sou Iran betogers begin doodmaak. “Ons is gereed om te gaan.”
- 84-jarige man in Kampsbaai vermoor
Daar was geen teken van gedwonge toegang tot die eiendom nie.
Het jy iets om te raporteer?
Stuur vir ons ‘n epos of WhatsApp die ateljee.
- nuus@hartiesfm.com